Godsdiens in Denemarke

Deense Volkskerk
jaar bevolking lidmate persentasie
1984 5 113 500 4 684 060 91,6%
1990 5 135 409 4 584 450 89,3%
2000 5 330 500 4 536 422 85,1%
2005 5 413 600 4 498 703 83,3%
2007 5 447 100 4 499 343 82,6%
2008 5 475 791 4 494 589 82,1%
2009 5 511 451 4 492 121 81,5%
2010 5 534 738 4 479 214 80,9%
2011 5 560 628 4 469 109 80,4%
statistiese data 1984–2002[1] en 1990–2010[2] Bron: Kirkeministeriet

Die Evangelies-Lutherse Kerk van Denemarke is die geloof in Denemarke wat die meeste beoefen word en ook die amptelike staatsgodsdiens is. Klein minderheidsgroepe van feitlik alle godsdienste kan egter ook onder die bevolking bespeur word. Islam is die tweede grootste godsdiens, vanweë die massatoestroming na die land in die 1980’s en 1990’s. Oor die algemeen is die Dene nie baie godsdienstig nie en is die bywoning van kerke maar laag. Volgens Zuckerman [1] Geargiveer 5 Maart 2010 op Wayback Machine se opname in 2005 is daar na raming tussen 43% en 80% van die Deense bevolking wat ateïste en agnostici is, wat dit die derde hoogste ter wêreld maak.

  1. (da) Statistics 1984–2002 van het Kirkeministeriet
  2. (da) Statistics 1990–2009 Geargiveer 12 November 2011 op Wayback Machine Kirkeministeriet

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search